Vloed – 24 November 2007

Vloed – 23 Januarie 2008






Vloed – 14 November 2008


Vloed – 15 November 2008



Vloed – 31 Januarie 2009





Die lewe op die plaas deur 'n kamera se lens
Vloed – 24 November 2007

Vloed – 23 Januarie 2008






Vloed – 14 November 2008


Vloed – 15 November 2008



Vloed – 31 Januarie 2009





Ek kan bly wees ek het nie in die dam gespring toe ek geskrik het nie, want daar was twee dooie watervoëls en ‘n slang in, die stukkies vleis het in die water gedryf en daar was wurms, alge en die vrot karkasse. Dit her gruesome gelyk!
My pa en oom gaan eers die dam uittap en die gagga goed uithaal voor hulle weer gaan begin water intap.
My ma was vir amper twee weke na haar boetie toe in
In die hitte het ek dit toe gedoen! Die geluk was aan my kant dat niks geflop het nie! Ek het in 2008 ‘n kursus vir koekversiering van my ouma af gekry, maar ek het nooit die prakties gedoen nie... Ek vat toe al die boeke en goeters wat ek gekry het vir die kursus en ek doen toe my prakties! Watch hoe’t my koek uitgekom:
Julle ek't omtrent gebid dat ek die gimnastiek prys uitdeling
Arme Socket se ore was seker seer! Ek’t die hele Saterdag oggend van negeuur tot twaalfuur by hom gesit ek't tot aan die slaap geraak op sy magie! Die gekraak van die gras het my wakker gemaak en toe ek opkyk toe is dit die een werker wat vir Socket kom melk gee! Toe ek eindelik oor die storie dat ek nie die prysuitdeling
Toe sê hy ons sal by die prysuitdeling wees, maar ons SAL die laaste oefening opgee om my ma te gaan haal! Ek pars toe net daar en dan weer uit in trane! Ek
Ek kry toe by die prysuitdeling: “WAG, Level 1, Beste vordering”!
Ek was so verbaas! Ek en my gimnastiek vriendin het net voor ons trofee’s uitgedeel word vir mekaar gefluister en probeer raai wie wat gaan kry! Sy sê toe ek gaan beste vordering kry! En...
Ek
Coaches, thanks vir als wat julle doen, waarmee julle my help, vir elke warm smile, vir ALS, julle weet wat tel! Julle is die beste!!!
Kyk as daar iemand is waarvoor ek baie lief is, is dit my twee neefs. (Die een wat in die motorfiets ongeluk was en sy boer.) Dit mag dalk wees oordat hul ouer as ek is... Maar dit maak nie saak hoekom nie! Eks net BAIE lief vir hulle!!!
Volgens “oorlewing” het my neefs inplaas van niggie vir my “liggie” genoem…
Maar om die natuur op 'n quad te beleef is iets uit die boonste rakke!
My pa wil nie vir ons quads koop nie hy is maar versigtig, maar as ons daar kom is dit altyd my wens “asb. kan ons nie gaan quad ry nie” ek sê dit nooit, maar in my kop smeek ek. En net partymaal ry ons.
Vandag was ons rivier, pakstoor, beeste en boorde toe.
Daar gekom: spring ons sommer weg met middagete, want ons is ‘n hele uur vroeg!
Net klaar geëet toe ontdek die vier-manskap iets amper soos ‘n scrap-yard…
Nadat hulle vir pa geluister het dwaal hulle toe tussen die scrap rond… En sus sien toe iets wat meer na iets lyk en roep hulle toe nader vir ‘n foto.
Jy loop oor ‘n paar spore wat onderdak is, dan onder deur die ‘bordjie’ en dan onderdeur die tonnel. Op die ‘bordjie’ staan steam/stoom GERMISTON electric/elektriese DEPOT, veiligheid eerste/safety first
Die stasietjie is klein, maar oulik.
Ons kinders het elkeen ‘n kospakkie gekry (hotdog, koeldrank en tjips). Die grootmense hotdogs en koffie. Alhoewel ek ook koffie gedrink het, want ek het koud gekry.
Susan (die trein) en haar drywer.
Ons het net op en af gery, want die mense wat die treine besit mag nie op die hoof-spore ry nie.
Ons het met ons treinrit ook ‘n elektriese trein gesien…
Net voor ons uitgeklim het, toe raak ons kinders dit kwyt: “The road without pothole’s”
Die kole wat die water laat stoom en die trein aan die gang hou.
Al die meters en krane ens. Dit lyk amper soos in ‘n vliegtuig met al daai goed (inplaas van goed knoppies), maar ‘n vliegtuig het net vyf maal meer goed as die stoomtrein.
Die steenkool wat gebruik word om kole te maak. En die water? Wel, dis besig om te reën.
Die gloeiende kole word uitgegooi en dood geblus voor die trein die stoor binne ry.
Dankie, Susan en al die mense, ons het ‘n lekker dag gehad al het ons lekker nat gereën!
Ons is opsoek na fun… Toe kom die viermanskap op ‘n ski-tou af en gooi hom oor ‘n boomtak (redelik na aan die grond), toe spring hulle van ‘n klip af met een voet in die tou. Toe dit te laag raak skuif hulle na ‘n hoër boom en spring van ‘n oliedrom en ‘n kinderstoeltjie af. Toe kom roep hulle my, want ek mis uit en moet net voel hoe dit voel. Ek gaan toe, evens skrikkerig, maar ek spring, toe ek agterkom wat ek doen gee ek een luidkeelse skree en kry ‘n enorme smile op my gesig. DIS FUN!!! Toe ek gewoond geraak het aan die hoogte toe wil ek hoër, maar daar’s te min plek by daai boom. Toe verskuif ons weer na ‘n ander boom, ‘n hoër een. Toe gebruik ons die oliedrom en ‘’n kombuisstoel En daar het ons toe soveel fun, dat die tou nog lank sal opbly. Op die oomblik is my hande vol blase geswaai en dit pyn. Tog maak dit op vir al die fun!

Ns. Coaches, ek weet julle het ons gewaarsku, om nie ’n arm of been te breek nie. Ons het nou wel nie iets gebreek nie, net Tarzan gespeel... Maar dit kon gebeur het...
Wel dit was lekker!!!