25 May 2010

Blou Maandag!

Ek was vandag in Pretoria, die hele dag, en moes gimnastiek mis! Maar kom ons laat dit daar! Ons (ek en Henry) is saam met een van die tannies in ons kerk Pretoria toe want haar dogter moet eksamen skryf, sy swot vir 'n haarkapster. Wel ons moes toe modelle wees, sy het my hare gesny en Henry sin ook, maar sy het ook 'n upper-do (soos vir 'n matriek afskeid) gedoen met my hare... Dit het baie weird gevoel, maar ek het nie te sleg gelyk nie! LOL! Ek is gewoond aan twee rekkies in my hare en my hare in 'n ponie, wel sy't vir my twintig ouma-knippies in gesit en twee blomme! Dit het nogal baie los gevoel! Ek het toevallig dieselfde blou aangehad as wat die twee blomme was!Agter...
Links...
Voor...
Henry...

22 May 2010

Limpopo

Soos elke kompetisie geniet ek tot Limpopo! Wel, met my rug wat weer Maandag seer gekry het toe ‘n kind teen my rug vas gehardloop het (ek was die week na die rock-n-roll kompetisie by die chiropraktisyn, en na my oefening Maandag was my rug nie seer nie!), was dit nogal moeilik om ‘n smile op my gesig te hou! Ek het die seuns baie geterg, want hul moes net smile, en die een coach het ook gesê ek moet smile, so ek is op die smiles gewees.Eerste het ons bar (brug) gedoen, met ‘n smile, ek het my kniehaak gedoen en sommer trots gevoel! En nog 8.20 gekry! Toe is ons na beam (balk) toe, my balans is nie wat wonders op hom nie, en my streksprong op hom, is ek maar lekker skrikkerig voor! Wel tog het ek 8.80 gekry, wat my sommer tussen die oë geslaan het van verbasing! Toe is dit vloer, ek het ‘n knipmes en candlestick in my reeks, terwyl ons geoefen het by die huis het ek dit elke keer gelos. Toe met my opwarmreeks voel ek weer my rug, en hy is SEER! Terwyl ek wag vir my beurt sit ek met ‘n pyntrek op my gesig, dalk net ‘n bekommerde een, ek kan rerig nie onthou nie, maar Henry trek toe vir my gesigte en doen ons “focus-move” toe smile en wys na my rug (na elke kompetisie kry ons ekstra signs), toe trek die een coach ook nog sulke smiles dat ek nie kon keer om te smile dat jy net tande sien nie. Toe is dit my beurt! Eish! Vasbyt! Ek het dit gedoen en glad nie my rug gevoel nie… Vir vloer kry ek toe 8.50! Maar toe fokus ek nie meer 100% nie, my gedagtes is toe by my rug en my vloer reeks inplaas van my spronge wat voor lê! Toe doen ek my vault (hy tel uit 10 soos al die ander) en met die opwarm sê my coach ek moet weer gaan, want dit lyk nie goed nie. Toe gaan ek weer en met die terug hardloop moes ek my skill vault opwarm! Julle, toe ek daai springplank trap, toe slaan hy vas teen die soliede stuk (en die springs is net so slap, ekt met effort gespring en ek het eintlik niks nodig gehad nie) toe slaan ek my rug laat ek in twee vou toe ek land, toe loop die trane! Ek staan toe agter my een vriendin en snak toe na asem (blykbaar het dit soos ‘n donkie se balk geklink!), toe huil ek en om als te vererger trek my rug toe in ‘n spasma (of plynweg net styf)! Toe gaan sit ek en sluk eers my trane. Toe roep die een noodhulp oom my, en sê hy het my net nou gesien huil, wat is fout, ek sê hom toe van die boom storie en sommer als! Toe sê hy ek moet een van my vriendinne vat, laat sy deep heat op spuit en in vryf, drie keer. Ek weet nie wie my almal sien huil het nie, my ma het wel en ek weet van party coaches… Maar toe is dit eers my vault, ek het hom gedoen met baie inspanning! En het nie eens kans gegee laat ek my punt kan sien nie, ek het gegroet en gehol vir die deep heat en badkamers met my vriendin by my, daar gekom toes my ma skielik daar. Wel hulle help my toe, maar sodra my ma my rug vryf, is dit so seer ek wil skree! Terug in die saal is ons al besig met ons skill vault! En hoor ek dat ek 7.65 gekry het vir my vault! Ek was baie verbaas, ek het gedink ek gaan niks kry nie! Toe trek ek my baatjie aan en toes dit weer my beurt. Ek stap toe met my baadjie op en my coach sê toe ek moet hom uittek. En ek moet eerder net ‘n streksprong doen, vir my rug en my lewe vorentoe. Want straddle gaan my net seer maak, en mag dalk vir altyd daar wees. Julle dit was ‘n gewik en weeg! Tot terwyl ek gehardloop het, het ek gewik en geweeg! En toe ek die springplank trap toe weet ek eers, ek gaan net ‘n streksprong doen… So doen ek toe en kry toe 3.30! Wel met baie deursettingsvermoee mis ek North-Zone met 0.05! Ek sê julle 0.05, dis BAIE min! Maar ek glo daar is ‘n rede met als (al is dit hard om te aanvaar!), met die ook! God het ‘n rede daarmee, wat die rede is sal ek nie weet nie, maar die tyd sal leer! BAIE geluk aan al MGC se level 2 artistiese gimnaste!!! Ek is trots op julle elkeen, geniet North-Zone namens my!

14 May 2010

My derde keer...

My derde keer wat ek coach en ek dink nie ek gaan hierop volg nie... Dit is baie lekker maar saam met die skool, gimnastiek en alles deur spook ek om op my blog te kom skryf (en party maal is ek net nie lus om nog een woord te skryf nie).

Wel, laat ek begin, hoe gouer hoe beter! Ek het vandag met die kleintjies voor-oor-rolle en agter-oor-rolle gedoen, julle die kleintjies is te oulik vir woorde! Maar nogmaals geniet ek elke oomblik! En dan moes ons weer buite op die gras geoefen het, want die skool geruik die saal vir ander goed op die oomblik... Dis lekker, maar dit raak boring om heeltyd/die hele tyd op die vloer te werk en nie een apparaat kan gebruik nie!

09 May 2010

Rock-n-Roll

Julle hierdie kon ek nie ‘n kompetiesie noem nie! Dit was gans te lekker! Met die rock-n-roll tema en die lot! Tuks het ons laat tuis voel, en die kompitiesie was net lekker! Ek was twede! Wel behalwe vir my seer rug het ek dit met als in my geniet! Aan die begin van Mei het ek uit die boom geval, of altans, ek het aan die takke geswaai (soos op H-bar), en toe ek land, land ek met reguit bene, en toe om my balans te hou ruk ek my rug agtertoe, en maak my rug seer, my lae rug…

28 April 2010

Crop spraying

Ons sonneblomme en suikerboontjies het wurms, en die turf is sopnat en die sonneblomme is te groot om met 'n trekker te spuit, toe laat kom ons die vliegtuig!! Een van my beroepskeuses is 'n vlieënier! Ek dink dis amazing! Dis soos ek wat wil gaan bungiejump, freefall, skydiving, scuba duik ens...

Wel ek is saam met my pa vliegveld toe en het daar gewag dat die oom kom en sy tenk volmaak, toe vlieg hy weer en toe hy toe weer terugkom toe gooi hy gif en petrol, toe het ek gaan kyk hoe die vliegtuig lyk binne en 'n klomp foto’s om die vliegtuig geneem. Ek wou so graag saam gevlieg het maar toe sê my pa en oom nee. Toe ons by die huis kom toe hardloop ek al agter die vliegtuig aan, hy spuit nogal vinnig klaar! En ek het op stelte geloop, want die turf pak op onder mens se voete, ek’t 'n paar keer gesplit, maar dit lyk so lekker om in die lug rond te sweef! Ek is in my menswees nie gemaak vir plat op die aarde met my twee voete nie!! Ek het in 2001 new Zeeland toe gevlieg vir my oom se troue met sy eerste vrou. Toe was dit nog nie vir my so 'n droom om te gaan vlieg nie!! Maar nou!?!?!? Julle ek dink ek moet nou ophou praat! Anders raak ek netnou mal!!

Besig om in te kom.
He had arrived...
Die omgewing...
Die gif is besig om in getap te word.
Die vlieënier besig om petrol te gooi... Dink net ek in so 'n "suit"... Julle ek gaan vlieg!!!Die vlieënier se werker maak die vliegtuig se venster skoon.
Op jou merke, gereed...
Baai-baai!
Vlieg hoog! Hoog in die wolke.
Dis unfair, ek beter matriek skryf laat ek gaan vlieg.
Besig om die sonneblomme te spuit. As jy mooi kyk sal jy die wit sien.
Maak 'n draai
Die wit agter die vliegtuig is die gif.
Laaste draai naby die huis
Besig om die suikerbone te spuit
Op en op... Kyk die gif
Kyk net daar, ek wens ek kon saam vlieg!!!

24 April 2010

Tweede keer!!

Vandag was weer gimnastiek! En ek het weer gecoach! Soos altyd is gimnastiek baie lekker! En die kleintjies baie oulik!

Vandag het die saal darem baie beter gelyk! En ons kon weer in die saal werk! My coach het gesê ek moet weer 'n bietjie spronge en brug/rekstok met die kleintjies doen, want sy het dit lank terug met hulle gedoen.

Ons het bietjie op brug/rekstok gewerk, julle daai klein lyfies op die groot apparaat is te cute vir woorde! En ons het strek-sprongetjies gedoen en ster-sprongetjies. Toe het ons 'n paar vooroor-rolletjies gedoen en toe S-T-O-P stop gespeel vir die laaste 2 minute... Die tyd het nogal gevlieg! Toe ek weer kyk toe is ons al 'n uur besig!

Ek het dit so geniet. Ek dink gimnastiek is die wonderlikste sport op aarde! EN as jy sulke coaches soos ek het is dit nog beter en lekkerder!!!

19 April 2010

Vriende!

Henry se vriend is al Donderdag huis toe, en my vriendin gaan more. Ek gaan tjank! Sy’t my lewe 'n fees gemaak en om met haar te kuier is 'n fees! BFF: Best Friends Forever, dis presies wat ons is!

Wel haar ma-hulle het gister gekom en slaap oor. Ons het vandag op die sandplaas gaan braai, en lekker nat gereën en sand geëet!!! Maar as jy daar eet en nie sand in jou kos kry nie, het jy nie rêrig geëet nie!!!

Hier is 'n paar foto’s:

My skilder-mooi-foto...
Gereed vir aksie...
Ek, die bobejaan...
Hul kleintjie en Johan...
Agt kinders...
... en vier grootmense. 'n Wandeling in die bos...
Die klein reënboog...