19 December 2009

DIP!!!

Ek het gister gereël dat ons my een vriendin van die dorp af plaas toe bring net vir ‘n lekker kuier, sy het nie my “mal girl” geaardheid nie so ek kan nie als doen wat ek wil nie. Gisteraand toe kom Boetman in en sê “môre gaan ons dip!!” Ek voel toe skoon kwaad vir myself, want ek wil so graag gaan dip! Maar ek wil ook kuier!

Vanoggend toe ek opstaan bespreek ek en vriendin wat ons gaan maak, sy sê toe dat sy sal saam gaan as ek wil gaan dip, sy gaan in die bakkie sit en lees en sommer ‘n paar foto’s ook neem!

Ons stap toe stoor om Socket te gaan melk gee. En toe na my oom se huis toe om die bottels te gaan bêre. Toe vra ons sommer my oom of ons mag gaan, hy sê toe ja ons mag, maar hy gaan nie dip nie ‘n ander oom gaan vir ons dip.

Ons is huis toe en kry bottels en bottels water sonskerm en kepse. Die seuns (vriendin se broer inkluis) besluit op gumboots. Ek kry geheel en al TE warm en bly toe maar in my crocs. So is ons beeste toe.

Ek het dit so geniet en lekker gebrand. Ek het ook vier beeste Dectomax gespuit en ‘n paar keer ‘n drukgang geprod dat die koeie nie die arme kalwers squash. Twee kalwers het, gaan lê, een koei het haar neus in die beesmis en dipstof gedruk to die koei voor haar, haar gesquash het. Toe prod ek die groot vette voor so dat die prodder se battery skoon papperig was na die tyd. My vriendin sê toe dat ek al my frustrasie op die voorste koei uitgehaal het en ek dink ek het!

Met middagete (wat ons gewoonlik van 1 tot 2 het, maar vandag van 14:15 tot 14:35) toe sê my ma ek kry nie kos as ek nie ‘n skoon hemp gaan aantrek nie. Na ete toe gaan trek ek maar weer my vuil hemp aan!

Die laaste drukgang wat ons moet volmaak is een beneukte Afrikaner koei en twee verse en een bulletjie en sowat sewe kalwers. Toe ons amper almal deur het toe bly daar twee kalwers oor in die kraal wat in die drukgang moet kom om gedip te word.

Ek het lank langs die kraal gestaan en wonder of daar nie ‘n makliker manier is om die kalwers in die drukgang te kry nie. Want ‘n stuk of agt werkers en my broer en sy vriend kry die kalfies nie in die drukgang nie, die een kleintjie het ‘n paar keer as hy verbouereerd is na my toe gehardloop ek dan weer weg. Nadat ek my amper dood gelag het vir die spul mans wat dink hulle kan die kalfies vang spring ek in die kraal en wag vir die kleintjie om weer op my af te storm, hy doen dit toe en ek gryp hom aan sy oor en sy bout totdat hy bedaar toe verskuif ek my hand wat op sy oor is na sy skof en loop met hom reguit drukgang toe. By die drukgang kom sluit die ander kleintjie aan en ek staan in die drukgang met die twee kalwers, want hulle loop sommer deur die pale wat ons agter die groot beeste sit dat hulle nie almal moet retireer en weer in die kraal moet wees nie. Die werkers was die dipstof spuit, spuit my toe so nat jy sal dink ek is ‘n bees! Toe ek al die kalwers uit die drukgang veld in stuur gaap almal my aan so of ek die een of ander engel is, al wat verskil tussen my en die spul wat gesukkel het, is ek is vrek lief vir ‘n kalfie! Ek sal my lewe waag net om ‘n kalfie te red!!!

Toe ons gaan gesig was en ek die meeste van die dipstof wil gaan afwas toe storm die beneukte Afrikaner koei my en vriendin ek my middelste broer, ek't amper ‘n hartaanval gekry! Maar nogtans dit was ‘n wonderlike dag!!!

Nog lekker vars en skoon, met ’n lekker dag wat voorlê.

Ek wag vir die volgende werkie.

Trek sowat 3ml Dectomax in die spuit op. En maak gereed vir jou eerste inspuiting wat jy gee.

Oesh! Eina! Moenie kyk nie!

Vryf die Dectomax, laat dit onder die vel verspry en dat dit spuitplek nie bloei en al die dectomax uitbloei nie. Ek dog die koei gaan my dood skop, toe skop sy nie eers nie, ek wonder of dit seer was...

Die viermanskap net klaar ‘n koei sê oor gedokter.

Prodder in die hand en reg vir die fight. Die driemanskap, besig met hul eie planne.

Was jou hande skoon is ’n krip... hoe klink dit. En help Andrè (kleinboet) om sy voet skoon te maak, want meneer het oor die mis modder gemors by die krip geloop. Op die agtergrond maak die mans dipstof aan.

Elkeen maak ’n plan om koel te bly. Bv. maak jou hare nat en sit dadelik jou keps op, dit werk!

Kalwers weeg omtrent 40kg met geboorte. Die kalfie is deur die nag gebore en mag nie gedip word nie. Die seuns dra hom na sy ma toe.
Ek probeer ’n appel te eet, sonder om ’n gesig te trek! Laaste het ek ’n bees op die bout geslaan en aan die kraal geklou en voor dit als my hande in die krip gewas en dan is my lyf nog so vuil. Maar dis 13:20 en my maag het net weer iets met waarde nodig.

Vul die bottels met water asseblief! Die water is nie wat wonders lekker nie, maar lekker genoeg om die droogte in ons liggame weer nat te maak. Ons voel al amper soos die woestyn.

Net voor ons weer dipstof aanmaak, gryp ons kinders die kans aan om water in ons bottels te gooi.
Ek lyk nie altyd op my beste nie, veral nie op die foto nie. Hier drink ek coke en het net ’n sluk uit die halwe 500ml coke-botteltjie gevat toe die foto geneem is.
Wie se plan is die beste?

Ek kort ’n dip, net om skoon te kom.

Ek lyk of ek daar staan vir love en charity! Jy hoop! Ek wag vir die eerste koei in die drukgang...Maar die mans sukkel hulself keduks... Nie dat ek dit lelik bedoel nie!

Hou boek, ouboet! Hy tel die bulle, koeie, verse, bulletjies en kalfies. En kry ’n totaal.

“Help net gou hier. Ek moet nog “pour on” kry...”

Ons moes net koelte soek.

Ek sweet my amper dood in die son! En klaar rooi-wangetjies gebrand!

Henry langs die drukgang, besig om die koeie in die drukgang in te prod. Daai vuil word, het gekom van beeste in die drukgang in prod...

Net gou vir oulaas organiseer! En die vuilste wat ek vandag was!

Ek wens so ek kon help, maar sus is te bang ek kry seer en die bulbar is net die seat vir my!

Ouch! Moenie my spuit nie! En dis toe verby sonder dat sy weet!

Organiseer van die kantlyn af, skree my longe uit maar niks help nie en al wat kalfie is hardloop! Ag, shame, help net die kalwers Leticia!

“Sal jy my kom help, die mansmense maak my bang! En ek kry nie my mamma nie!”

Eish! Hoe nou gemaak? Met crocs gaan dit nie werk nie! Nie in daai gemors nie! Twee tree en dan sit ek vas! Maak ‘n plan, ‘n boer maak mos ‘n plan. Klim op die drukgang se pale... So maklik soos dit!

Ons wil nie in die drukgang wees nie!

Maaaaa help!

Kalwers is sterk, al is hulle klein!

Vang 'n dip sus!

Na so ‘n lang dag kan ons maar net skree “jippie ons is klaar!” Die dag raak nou bietjie lank en warm en na die gespook om die afrikaner in die drukgang te kry en die twee kalwers in is, smile ek maar lekker breed!

16 December 2009

Die Nyl het afgekom!

Op pad dorp toe is die Nyl se vloedvlakte en hy staan weer vol water soos dit maar is die tyd van die jaar: groen en nat...

Hier’s ‘n paar foto’s wat ek wil deel:

14 December 2009

Loskopdam

Wat is mooier as water wat oor ‘n damwal loop? Ek dink niks. Ons het vandag gaan foto’s neem by Loskop! Dis awesome! Ek het met my oudste neef gereël dat ons by hulle gaan koffie drink as ons klaar foto’s geneem het. Op pad dam toe, toe gesels ek en my kleinniggie (my ma se neef se dogter), hulle was toe by hul huis in Kranspoort, toe gaan drink ons daar koffie en daarna toe gaan ons na my neef-hulle koffie. Dis soos altyd lekker om net gou weg te kom van die huis af en as ek my neefs se gesigte sien, sit hulle die kersie op die koek!

11 December 2009

My niggies anderkant die water

Die wat my ma se blog lees sal weet dat haar broer in New Zealand bly. Net gou meer oor hulle: My oom het twee kinders ‘n seuntjie (7) en ‘n dogtertjie (5, by sy eerste vrou) en nou ‘n nuwe seuntjie (nou drie dae) by die sy tweede en sy tweede vrou het ook twee kinders ‘n dogtertjie (6) en ‘n seuntjie (4). Dis ook my enigste twee niggies wat ek het. Ek het ook nog nie een keer my niggies of nefies gesien nie, ek was wel in 2001 in NZ, maar dit was vir my oom se troue (die eerste vrou). Aan my pa se kant is dit net ‘n spul seuns! Dis horrible! Alhoewel die twee oudstes altyd DIE nefies sal bly en die jonger een maar soos my broer (hy bly dan skaars 30m van ons af). My ouma en my ma het vir my ma se broer gaan kuier in November. Toe sy terug kom het sy gesê my “aangetroude” niggie het vir my ‘n briefie geskryf. Ek was toe heel in my noppies en het daai briefie gesoek, party aande sommer om gehuil oor die briefie wat ek NÊRENS kry nie! Vandag toe kom kuier my ouma hulle en sy gee vir my twee boeke. Na ‘n ruk toe vra ek of die briefie nie dalk op ‘n manier in haar bagasie geland het nie. Sy sê toe ek moet heel voor kyk in een van die boeke. Daar lê dit toe! Ek maak die briefie oop, lees dit en bars in trane uit! Net daar en dan besluit ek om die “vakansiewerk” geld (wat ek suppose is om te doen, maar my pa nie vir my werk gee nie) te spaar en vir hulle te gaan kuier! Dit sal my baie vakansies kos om soveel geld te hê, viral op die tempo wat my pa vir my werk uitdink, maar ek dink ek sal dit doen. Die probleem lê net by my pa, ek dink nie hy sal my laat gaan nie! Dit laat my sommer in trane uitbars en vol nukke wees…

06 December 2009

Ekt vandag gescarifier

Ek het vandag vir die eerste keer gescarifier! Dis vrek lekker tot jy by omdraai en terug ry kom! Dis ‘n gespook en ‘n gespartel en dan is die grond nog klam ook! Net reg vir spin!!! My pa wou hê ek moet uit die land uitry en dan reverse en weer in die land terug draai ens. Ek het een draai (soontoe en terug) saam met hom gery en amper ‘n hou en ‘n half gekry om reguit en in lyn ens. te wees, dat ek nie oor die wat ek klaar gescarifier gaan nie en dat ek ook nie gapings oop los waar ek glad nie gewerk het nie. Jy kyk oor die voorwiel (wat so te sê ‘n driehoek maak) se boonste punt dan volg jy ‘n wal tot aan die anderkant van die land uit...

Ek het dit so gedoen en een draai stoksiel alleen gemaak en lekker gespin in for-wheel-drive toe bel ek my ma en sê sy moet my kom help draai, want om die treintjie reguit agtermekaar te hou is nie ‘n grap nie dis een ding om met ‘n bakkie of trekker te reverse sonder ‘n waentjie maar met ‘n waentjie of ‘n implement met twee of vier wiele is erg en dan kan die implement ook nog aan die groot agterwiele haak! Ek het dit amper twee keer reggekry dan ry ek maar net vorentoe en reverse weer!

Toe stuur my ma my oom om my te kom help toe ry ek ‘n draai saam met hom en hy verduidelik my hoe om makliker te draai, (nie die reverse storie nie!) en dan om dit nog makliker te maak haal die trekker net uit for-wheel-drive uit, (want jy wen 15cm op jou steering en basically ‘n meter op die grond!).

Toe het ek drie draaie weer alleen gery en toe bel my pa want dis etenstyd. Na ete toe bel die buurman en sê ons beeste boer by hom en hy’t klaar geplant. Toe gaan jaag ons eers die beeste uit die land en maak weer die draad reg. Toe begin dit reën! En my Saterdagmiddag raak toe boring, want toe is ons land toe en het die grond (wat nou nat gereën is. So dit kleilat klei) van die scarifier se tande af gekrap en terug gery huis toe net om na ‘n halfuur te sien die son kom weer uit.

Maar soos ek al genoem het, turf is nie jou maat nie, as hy nat is klou hy soos klitsgras of knapse-kêrel! En dan pak hy op en raak soos sement!

05 December 2009

Oggend foto’s

Vroeg oggend foto’s is altyd mooi foto’s! Ek en my drie broers en my een nefie (wat nes my broer is) het almal gisteraand in ‘n tweemantent in die tuin geslaap net vir die fun daarvan. Kamp is mos lekker al is dit in jou tuin, dis mos vir die avontuur daarvan!

Ons het trampoline tot half tien gespring toe begin kleinboet kla oor hoe moeg hy is en ek het toe maar saam met hom in die tent gaan lê. Toe het die res nog lantern bekruip tot seker elfuur en toe gaan monopoly speel. Toe ek my kon kry toes dit al amper twaalf uur en die wind waai so, dat ek skoon soos een van die drie varkies voel toe gaan roep ek die seuns en neem gou die volmaan af.

Die volgende oggend voor die son opkom toe word hulle weer wakker en ek saam met hulle (kleinboet slaap daardeur als soos ‘n klip), hulle wil gaan jag en ek vra toe eers vir ‘n paar foto’s voor die son op is en ek het dit toe gekry!!!

Vloede... van die laaste paar jaar

Dis nou weer naby aan my verjaarsdag en ons is in ‘n reënseisoen, die tyd waarin daar party maal oorstromings is en die grondpad wat voor die huis verby loop soos ‘n rivier afkom! Dis nogal lekker vir my as “mal girl,” ek meen dis modder, water, skuim, gumboots en reënjasse ek lyk soos ‘n olifant in my pa sin (hy trek hom nie aan nie, want as hy werk het hy nie tyd vir ‘n dun jas nie nou gebruik ek hom).Die water het altyd in my tannie se huis ingestroom, (op die turf is huisbou maar ‘n tricky een, my ouma se huis is op ‘n heuwel gebou, ons sin is in ‘n effense gat en my tannie hulle sin in ‘n gat) en bietjie-bietjie in ons sin. Toe gooi hulle ‘n hoër gruispad om die huise om te keer dat die water in die huise inloop. Nou loop dit net in die pad af en om die huise.Hier’s ‘n paar foto’s wat ek al geneem het met vloede:

Vloed – 24 November 2007

Vloed – 23 Januarie 2008

Vloed – 14 November 2008

Vloed – 15 November 2008

Vloed – 31 Januarie 2009