Ek het vandag ‘n groot verlange na Cindy gekry! Ek het so verlang na “MY baba,” dat ek ‘n voorstel maak dat ek en Henry (ouboet) ry met die fietse en gaan kyk of ons haar sien. My Pa het my mooi laat verstaan dat Cindy glad nie na hom toe kom nie en sommer haar ore wapper (om te sê jy is in moeilikheid meneer gee pad!). Wel, vandag toe wip ek my! Niemand sê as hulle daar gaan water start nie, en hoe anders gaan ek daar kom. En hoe meer my pa vir my sê Cindy sal my nie herken nie hoe meer harde kop word ek!
Daar aangekom, sien ons die eerste bietjie verse en toe ek my mond oop maak en praat, slaan hulle op vlug! Ek stuur toe ‘n skietgebedjie op dat Cindy net nie SO wild is nie!
By die hek, is daar nog ‘n troppie, en ek doen die selfde, begin met hulle praat, en wat doen hulle, niks anders as hol die bosse in! Ek dog ek gaan dood! Waar is Cindy en is sy rêrig ook so wild?
Soos ons aan ry krip en kraal toe sien ons dat dit hulle troppie is wat daar lê! Dis die verse wat naby die huis geloop het en die een versie lyk baie bekend!
Ek sê toe Pienkie? En toe kyk die vers my so skeef weg aan! Ek wil toe in trane uitbars, want sy kom nie na my toe nie en ek sien nie vir Cindy nie! Toe sê Henry daar’s sy! En hy wys na ‘n vers! Ek soek nog na my baba en hier lê ‘n vers!!! My hart mis ‘n paar slae! En ek begin praat en roep en ag sommer net gesels! My stem hak toe bietjie op ‘n plek, want die trane van blydskap wil sommer loop en die van hartseer ook. Blydskap oordat ek haar na ses maande weer uiteindelik sien en hartseer oordat sy nie na my toe kom nie. Terwyl ek praat is dit amper of sy haar kop in ongeloof draai en haar ore so wil draai om dood seker te maak sy hoor reg, toe my stem hak, toe gee sy so ‘n ligte bulk, amper of sy wil sê is dit rêrig my ma wat eindelik weer kom kuier het?
Toe kon ek nie meer die versoeking weerstaan om na haar toe te stap nie! Op pad daarna toe gaan ek eers by Pienkie om, wel sy’t net my hand geruik en my skaars vyf sekondes
Toe ek na Cindy loop wil sy my ontglip, en ek spring haar toe voor en hou my hand na haar uit , ruik hom en gee hom so ‘n paar lekkies. Dit gee my moed en ek begin haar kop vryf en later haar nek ook. Maar toe ek ‘n tree nader aan haar gee is dit amper of sy wil weghol. Ek vat toe my tyd en nie lank nie toe staan ek reg langs haar en ek vryf haar hele lyf, tot haar maag, (sy is tot dusvêr die enigste kalf wat ek onder die maag
Na ‘n ruk toe besluit sy dis genoeg. Toe gaan groet ek maar vir Pienkie en daarna “my Baba.” Cindy bly my fotogeniese kalf!!!
Ons het toe ons hande in die krip gaan was, toe kom ‘n paar verse en kyk wat ons doen. EK dink hulle het gewonder of ons mal geraak het…
Daarna pak ons toe die terugrit aan.
Dis sowat 8km wat ek vandag te fiets aangedurf het, en ek dink dis nie die eerste en laaste keer nie, dit was suksesvol en ek sal dit met graagte weer aanpak, volgende keer vat ek net kalfpille saam!!!
No comments:
Post a Comment