19 June 2010

YS-koud!!!

Met YS-koud bedoel ek koud! So dat daar skoon ys vorm hier in die noorde op enige iets! Van 'n groen blaar tot 'n droë paal! Die afgelope oggende is dit -2; -3; en dan gaan ons op na so 15 grade celsuis... Vir my is dit ysig en onplesierig! Die winter het skaars begin en ek wens klaar weer dis somer, met die hitte en al dink ek somer is steeds beter as winter! Dalk, net dalk is dit oordat ek 'n Desember-baba is!

15 June 2010

Die afskeid was erg!

Ek moes vandag afskeid neem van Socket... My pa hul het hoem verkoop aan die voerkrale, en hy is vandag gelaai saam met 'n paar ander koeie en kalwers. Ek het vir oulaas 'n paar foto's van hom op die lorrie geneem. My oom het die lorrie in die werf parkeer dat ek, my tannie en die seuns kon afskeid neem. Die trane het amper geloop, maar ek het dit ingehou oordat daar 'n spul goed is wat gedoen moet word, want Johan het gister 8 geword en het partytjie gehad vanmiddag. Een van die dae is Socket polony! :'-( Shame, as hy maar net weet wat op hom wag...
En al sy maatjies...

14 June 2010

Tweeling

Soos elke Sondag middag, ry ons vandag beeste toe. Alles lyk goed maar toe ons verby die een koei ry sê my pa iets is fout. Ons stop ek en kyk. So sien ons toe dat die koei geaborteer het, eers sien ons net die een klein lyfie en toe ons uitklim die tweede... Dis die eerste keer dat ek 'n tweeling sien. Dis bitter min dat beeste tweelinge kry. Die koei was bietjie klein gebou en dan moet sy nog dragtig wees met 'n tweeling! As die koei net grooter was was daar dalk 'n beter kans op oorlewing. Ek wens die tweetjies het geleef, want ek sou hul groot gemaak het soos 'n baba, sou tot in my kamer geslaap het, maar huls geheel en al te vroeg gebore, die twee lyfies saam maak skaars een kalfie van 'n week oud!

25 May 2010

Blou Maandag!

Ek was vandag in Pretoria, die hele dag, en moes gimnastiek mis! Maar kom ons laat dit daar! Ons (ek en Henry) is saam met een van die tannies in ons kerk Pretoria toe want haar dogter moet eksamen skryf, sy swot vir 'n haarkapster. Wel ons moes toe modelle wees, sy het my hare gesny en Henry sin ook, maar sy het ook 'n upper-do (soos vir 'n matriek afskeid) gedoen met my hare... Dit het baie weird gevoel, maar ek het nie te sleg gelyk nie! LOL! Ek is gewoond aan twee rekkies in my hare en my hare in 'n ponie, wel sy't vir my twintig ouma-knippies in gesit en twee blomme! Dit het nogal baie los gevoel! Ek het toevallig dieselfde blou aangehad as wat die twee blomme was!Agter...
Links...
Voor...
Henry...

22 May 2010

Limpopo

Soos elke kompetisie geniet ek tot Limpopo! Wel, met my rug wat weer Maandag seer gekry het toe ‘n kind teen my rug vas gehardloop het (ek was die week na die rock-n-roll kompetisie by die chiropraktisyn, en na my oefening Maandag was my rug nie seer nie!), was dit nogal moeilik om ‘n smile op my gesig te hou! Ek het die seuns baie geterg, want hul moes net smile, en die een coach het ook gesê ek moet smile, so ek is op die smiles gewees.Eerste het ons bar (brug) gedoen, met ‘n smile, ek het my kniehaak gedoen en sommer trots gevoel! En nog 8.20 gekry! Toe is ons na beam (balk) toe, my balans is nie wat wonders op hom nie, en my streksprong op hom, is ek maar lekker skrikkerig voor! Wel tog het ek 8.80 gekry, wat my sommer tussen die oë geslaan het van verbasing! Toe is dit vloer, ek het ‘n knipmes en candlestick in my reeks, terwyl ons geoefen het by die huis het ek dit elke keer gelos. Toe met my opwarmreeks voel ek weer my rug, en hy is SEER! Terwyl ek wag vir my beurt sit ek met ‘n pyntrek op my gesig, dalk net ‘n bekommerde een, ek kan rerig nie onthou nie, maar Henry trek toe vir my gesigte en doen ons “focus-move” toe smile en wys na my rug (na elke kompetisie kry ons ekstra signs), toe trek die een coach ook nog sulke smiles dat ek nie kon keer om te smile dat jy net tande sien nie. Toe is dit my beurt! Eish! Vasbyt! Ek het dit gedoen en glad nie my rug gevoel nie… Vir vloer kry ek toe 8.50! Maar toe fokus ek nie meer 100% nie, my gedagtes is toe by my rug en my vloer reeks inplaas van my spronge wat voor lê! Toe doen ek my vault (hy tel uit 10 soos al die ander) en met die opwarm sê my coach ek moet weer gaan, want dit lyk nie goed nie. Toe gaan ek weer en met die terug hardloop moes ek my skill vault opwarm! Julle, toe ek daai springplank trap, toe slaan hy vas teen die soliede stuk (en die springs is net so slap, ekt met effort gespring en ek het eintlik niks nodig gehad nie) toe slaan ek my rug laat ek in twee vou toe ek land, toe loop die trane! Ek staan toe agter my een vriendin en snak toe na asem (blykbaar het dit soos ‘n donkie se balk geklink!), toe huil ek en om als te vererger trek my rug toe in ‘n spasma (of plynweg net styf)! Toe gaan sit ek en sluk eers my trane. Toe roep die een noodhulp oom my, en sê hy het my net nou gesien huil, wat is fout, ek sê hom toe van die boom storie en sommer als! Toe sê hy ek moet een van my vriendinne vat, laat sy deep heat op spuit en in vryf, drie keer. Ek weet nie wie my almal sien huil het nie, my ma het wel en ek weet van party coaches… Maar toe is dit eers my vault, ek het hom gedoen met baie inspanning! En het nie eens kans gegee laat ek my punt kan sien nie, ek het gegroet en gehol vir die deep heat en badkamers met my vriendin by my, daar gekom toes my ma skielik daar. Wel hulle help my toe, maar sodra my ma my rug vryf, is dit so seer ek wil skree! Terug in die saal is ons al besig met ons skill vault! En hoor ek dat ek 7.65 gekry het vir my vault! Ek was baie verbaas, ek het gedink ek gaan niks kry nie! Toe trek ek my baatjie aan en toes dit weer my beurt. Ek stap toe met my baadjie op en my coach sê toe ek moet hom uittek. En ek moet eerder net ‘n streksprong doen, vir my rug en my lewe vorentoe. Want straddle gaan my net seer maak, en mag dalk vir altyd daar wees. Julle dit was ‘n gewik en weeg! Tot terwyl ek gehardloop het, het ek gewik en geweeg! En toe ek die springplank trap toe weet ek eers, ek gaan net ‘n streksprong doen… So doen ek toe en kry toe 3.30! Wel met baie deursettingsvermoee mis ek North-Zone met 0.05! Ek sê julle 0.05, dis BAIE min! Maar ek glo daar is ‘n rede met als (al is dit hard om te aanvaar!), met die ook! God het ‘n rede daarmee, wat die rede is sal ek nie weet nie, maar die tyd sal leer! BAIE geluk aan al MGC se level 2 artistiese gimnaste!!! Ek is trots op julle elkeen, geniet North-Zone namens my!

14 May 2010

My derde keer...

My derde keer wat ek coach en ek dink nie ek gaan hierop volg nie... Dit is baie lekker maar saam met die skool, gimnastiek en alles deur spook ek om op my blog te kom skryf (en party maal is ek net nie lus om nog een woord te skryf nie).

Wel, laat ek begin, hoe gouer hoe beter! Ek het vandag met die kleintjies voor-oor-rolle en agter-oor-rolle gedoen, julle die kleintjies is te oulik vir woorde! Maar nogmaals geniet ek elke oomblik! En dan moes ons weer buite op die gras geoefen het, want die skool geruik die saal vir ander goed op die oomblik... Dis lekker, maar dit raak boring om heeltyd/die hele tyd op die vloer te werk en nie een apparaat kan gebruik nie!

09 May 2010

Rock-n-Roll

Julle hierdie kon ek nie ‘n kompetiesie noem nie! Dit was gans te lekker! Met die rock-n-roll tema en die lot! Tuks het ons laat tuis voel, en die kompitiesie was net lekker! Ek was twede! Wel behalwe vir my seer rug het ek dit met als in my geniet! Aan die begin van Mei het ek uit die boom geval, of altans, ek het aan die takke geswaai (soos op H-bar), en toe ek land, land ek met reguit bene, en toe om my balans te hou ruk ek my rug agtertoe, en maak my rug seer, my lae rug…