01 January 2013

OUjaarsaand!!

Saam my familie...



En om als te kroon net voor 2013 toe is daar 'n verskietende ster!! God het die jaar met een van my gunstelinge laat afskop...

15 July 2012

Die hartseer deel van die lewe...

Dis op sulke dae dat ek wens dinge was anders... Maar dinge is nou so en ek moet dit aanvaar. Smile en daaroor kom. Dis die verloop van die lewe!
 So 'n paar dae terug het duifie siek geword.
 Sy was sommer lusteloos!
 En na 'n dag wat ek nie by die huis was nie het ek op haar afgekom met haar kop binne in die waterbak!

Ons groei en ons eet!

So bietjie van 'n update op Liefie Lyfie...
 Sy eet twee spuite pronutro en nog twee lepeltjies saad!!
 En hier gebeur die einaardigste ding. Wat jy die goed noem weet ek nie! Maar duifie het een verloor.
 Kyk net hoe kyk sy hoe ek die kos regkry!
Eers 'n lepel saad...
 Dan 'n spuit pronutro. Weer saad en dan weer pronutro
 Te oulik hoe die donsies vere word!

25 June 2012

Fufi-slide...

Party mense is net nie bang nie... Die "klein" boeties kom op met 'n plan, een van daai wat in vakansies die in ding is!
So begin hulle heelwat laag, met 'n ski-tou en 'n ou, harde stuk tuinslang, maar die fufi en die slide wil net nie by mekaar uitkom nie. Die bome op die werf bied ook nou nie van die beste klim en hoogte kombinasies nie.

Dis toe dat sus ingryp, ons moet by die hek uitsluip, sonder dat iemand vra waarheen ons gaan. So spring ons met rugsakke op die rug op die fietse en gaan bos toe. Daar waar lekker bloekobome is!!

So klouter neef 'n bloekom uit om te besluit oor die hoogte van die tou en hy maak hom daar vas. Ek kry 'n anker plek aan 'n lae boom en hang aan die tou, net om seker te wees die knope gaan nie los skiet as die mannetjies hier tussen hemel en aarde hang nie. Ons maak toe baaltou aan die stuk tuinslang vas en my boeties klim op na my neef, terwyl en die stuk tuinslang boontoe skiet met momentum wat ek vir hom bymekaar gemaak het!! 

Ouboet het op ons afgekom en ons 'n goeie preek gegee. Maar die uitdaging was daar en die seuns gereed om te gaan. So fufi die manne toe die middag om. 

Net voor ons toe oppak, gaan ek ook. Dit was super lekker, hoog en uitdagend!!!! 





09 May 2012

Vlieg...

 Ek kan nie glo dat tyd so gou verby vlieg nie!!
 Dis tyd dat Liefie Lyfie leer vlieg!!
 Nogal 'n lywige werkie, maar ek geniet dit...


03 April 2012

Liefie Lyfie my Duifie!

As my maatjies nou al vir my bondeltjies donse aandra!! 



 Die kleintjie se ma is geskiet (soos dit maar gaan op 'n saai plaas) en toe bring my vriendin vir my die kuiken.



 Dit was nie lank nie of sy was deel van die gesin.

Met 'n warmwatersak en 'n sagte handdoek is sy in die aand gelos (en as sy in die nag kriewel staan ek op en gaan maak die sak vol warm water).

Tweep tweep - kostyd!!

28 February 2012

My nuutste troeteldiere...

Na 'n lekker reën is daar altyd nuwe lewe in die veld. Veral as jy begin rondkyk en oplet na die klein dingetjies in die lewe. 
So kom ek eendag in Januarie op 'n dammetjie water in 'n voor af. Dis net rimpels en soos ek deur die modder loop voel ek die vissies teen my vas swem. Net daar buk ek af en hou die klompie paddavissies dop.
In my agterkop speel kleintyd se paddavissies af. Die wat, ek dink my pa, in 'n roomysbak gevang het en die roomysbak buite in 'n kruiwa gestaan het. Daar het ek en ouboet gekyk hoe die vissies groei en paddatjies word.
Later moes my pa hulle gaan vrylaat, ver van die huis af, want ma was net glad nie lus vir 'n gekwaak as sy wil slaap nie.

So besluit ek om een middag so tussen die plantery deur 'n bottel vol vissies te vang en die twee klein boeties ook te wys hoe word paddavissies, paddas!

 So kry ek die vistenk weer uit die kas en maak hom skoon.
 Gooi sand in en sit al my nuwe vissies in hom!

 Oeps... Wat eet paddavisse? Vra vir Google, hy sal weet!
Wel, gaar blaarslaai. So kook ek 'n slaaiblaar en sit hom in die vrieskas, sodat ek daagliks 'n klein stukkie in die "tank" kan sit.
 Dis nie lank nie of die vissies begin toe agterpote kry.
 Party sin is nog net sigbaar, maar nog nie daar nie.
 Die vissies het geëet en gegrooi vir 'n eerste plek.
 Dit was altyd so interesant om hul dop te hou soos hulle eet!
 Toe begin hul gesiggies al meer en meer na 'n padda sin lyk en hul agterbene skop lekker in die water. En soms sal hul uitkruip op die klip wat ek in die "tank" gesit het.
Dit was nie lank nie of hul lyfies het al langer geword.
En toe kom hul voorpote... Toe moet ek krieke vang vir hulle, sodat hul daai protiene kan inkry!!
 Daarna het hul stertjies al korter geword en het hul regte paddatjies geword. 
 As hul so uitkruip op die sand of klippe gedurende die nag...
 Dan het hul my soms wakker gekwaak!! 
Dit was nogal lekker om my prinse groot te maak!!