16 May 2011
'n Vers en 'n man se kop werk baie die selfde!
In my hele lewe, nooit sou ek my die dag kon indink! Nou is dit werklikheid! My "baba" wil nie na my toe kom nie! Ek moet erken ek was LANK terug by haar. Of maak dit 'n maand terug. Nou ewe skielik, weier sy dat ek aan haar vat. Ek mag nie eers my hand na haar uitsteek nie.
Maar, slim vang sy baas! Ek het besluit, die volgende keer wat ek na haar toe gaan SAL ek pellets saamvat. So maak ek toe en vat vyf blikkies saam. Dit was 'n stryd om haar te kry om die goed te kom vat. Na 'n paar pellets op die grond en 'n paar keer se skud van die bak het sy wel gekom en haarself kom vol vreet!
Nie uit die bak uit nie maar uit ma se hand uit! Later het ek haar bietjie begin vryf. Wat 'n stryd! Ek mag net haar kop, nek en boude vryf! En ook net as sy seker is daar is pellets in my ander hand! Sy is net soos 'n man, al hoe jy by haar hart kan uitkom is deur haar maag! Anders kan jy vergeet!
Toe die pellets op was het sy 'n 'n paar keer kop gestamp en die dat ek haar dan net vryf, het haar nie aangestaan nie. Pad-vat was volgens haar toe die beste opsie en 'ma' moes toe maar omdraai en baai sê. Tog effens vererg oordat sy 'n 'manne streep' op my kom staan en trek!! Ek sal nogal nie verbaas wees as sy dragtig is nie!
01 May 2011
Wat's dit!?
Ons ry vandag verby die een plaas se hek en met die verby ry vang 'n oog een of ander snaakse gedierte! Net daar word briek getrap en omgedraai! Hmmm.......... Soek, soek, en daar is die bewyse, dit is bobbejaan se kind! Amper val ek van my voete af! Dis die eerste bobbejaan op ons plaas! nou weet ons ook wie so versigtig mielies een, en die bewyse oop en bloot los!
Eina-pyn!!
Hoe kan mense so wreed wees!? Hierdie vers is in haar horing geskiet. Die horing het later afgeval. Maar kyk net hoe lyk dit!!
30 April 2011
Oupa kom!
My kleinste boetie was so opgewonde oor Oupa wat oppad is dat hy vir hom 'n stoel gevat het en die hek se sleutel en daar gaan sit en wag het.
Die muskiete het hom opgevreet, maar toe ek noem dat hy gou moet kom tabard smeer, sê hy net "nee, netnou kom oupa en dan is ek nie hier nie. Gaan haal jy dit maar"Min wetend dat oupa eers na skemer naby ons sal wees het hy daar bly sit, en net nou en dan sy stoel verskuif dat die muskiete hom eers bietjie soek....
Morning Glory
Vanoggend is staan ek stil by die heerlikheid van dagbreek, 'n nuwe dag. Ek kyk na die 'glory' uit verskillende hoeke uit. En vang ook 'n paar hoeke vas! Kyk na die fynheid van alles en besef weereens hoe groot God is en hoe fyntjies hy ook geskep het! Die skepping is 'n wow!!
glory noun 1 fame and honour. 2 praise. 3 beauty; magnificence.
Glory to God in the highest, and on earth peace, good will toward men.
~ Luke 2:14 (KJV)
Glory ye in his holy name: let the heart of them rejoice that seek the LORD.
~ Psalm 105:3 (KJV)
glory noun 1 fame and honour. 2 praise. 3 beauty; magnificence.
Glory to God in the highest, and on earth peace, good will toward men.
~ Luke 2:14 (KJV)
Glory ye in his holy name: let the heart of them rejoice that seek the LORD.
~ Psalm 105:3 (KJV)
Sien vandag die klein goedjies raak! Knip jou oog vir 'n klein goggatjie en spring op en af as jy goeie nuus kry, vra wat die rede is as jy dalk slegte nuus kry, bo alles hardloop iemand wat jy lief het onderste bo net vir 'n drukkie, en gee 'n geskenkie (al is dit net 'n grashalmpie!) aan iemand wat dit die minste verwag!
28 March 2011
Uithou vermoë van 'n bulterriër!
Ek voel sommer sleg as ek na my blog kyk! Ek skeep hom regtig af!! Geluking leef ek nog want ek is aan die gang, permanent! En dis so LEKKER!! Ons "trek" al beeste vir die afgelope week! Dit klink nou onmoontlik, maar dit is rerig so!
Donderdag is die kalwers weer tussen ons. En ons maak die beeste nog 'n keer bymekaar. Ons maak die draad los en jaag die wat agter gebly het weer nader. Toe "begin" die trek, eers kolk die beeste so saam dat ons hul nie in die pad kry nie en toe is die beeste in die pad en soos altyd is dit weer choas!
Die volgende oomblik spring die hele trop om en hol die buurman se draad in mekaar! Skaars 'n uur daarna bel my oom en sê, hiers 'n koei in 'n strink en willer as die wildtuin self, ons paartjies gaan haar nie kan vang en los maak nie. Daar gekom maak hul haar los en toe al die manne haar los en sy haar nodige asem weer terug het, storm sy op my oom af en is so half-half oor hom.
Daar kry hul toe nog 'n nek-strik! Nie lank daarna nie is ons weg van my oom af en toe bel weer, die selfde storie. Dis toe dat ek saam loop. Maar julle dit lyk of die duiwel in hul ingevaar het, sy hol rond, pluk omtrent haar kop af met die kabel-strik om die nek. Roggel en die tong hang langs die bek uit. Dis iets verskrikliks. Toe die manne haar los vat sy die pad en ek het guts om nader te staan toe dit die volgende koei (sowat 15m verder) se beurt is. Weer vang ons die koei en knip die kabel los, dan hol sy bok-spring en gooi haar nek laat myne sommer seer word. Ons het so tien strikke los geknip, hoeveel daar nog in daai bos is wil ek eerder nie weet nie!
Toe ons eindelik die beeste sommer oor die grensdraad, weer by ons plaas in het, en die draad reg gemaak word, roep die een van die werkers my pa en oom. Ek wil toe saam loop, toe sê my pa nee bly hier. Die volgende oomblik roep my pa my "kom neem dit af!" Ek gaan toe daarnatoe en neem die gesig af! Dis aaklig!! 
Die werker vertel toe: "toe die beeste omswaai en by die bos hol het ek iets gesien wat hop hier by die draad. Toe ek kom kyk ek, ek sien die wolf. Hyt gelewe, maar hy was mal!" Wel, toe ons daar kom was die bruinhiëna al dood en dis duidelkik dat hy al lank daar was! Hyt 'n sirkel van so 5m plat geploeg soos hy probeer loskom het! En drie boompies van so 5cm dik afgevreet, hy het aan klippe gebyt, want dit was vol bloed en tand merke, die gras was plat en die draad het gegaap.
Die strik was bedoel vir klein wild (vlakvarke of klein bokkies). Nog iets dis die hiëna se tweede strik! En so ook sy einde gewees! Die middag probeer ons toe weer die beeste in die pad kry maar dis nag, hul bly agter!
Vrydag het ons weer probeer, net vir oulaas! Maar tussen die beeste wat agterbly en die wat nie wil uit by die draad nie werk dit net nie! So bou ons toe krale Vrydag middag en Saterdag! En ek kyk hoe bored ek kan raak!!
Maandag maak ons toe vir oulaas die laaste paar goedjies reg en trek met die trok! Tussendeur gooi ons "poor on" op die beeste.
Dinsdag, is ons vroeg op om die die laastes en die wildstes, die skoppers en die fighters te laai!
Dis rof en onbeskof, die laaste vyf-tien beeste het ons moeg gehardloop, en hul word nie moeg nie, maar hul storm en gaan mal!
Hulle spring oor die hekke, breek hekke, hol mense om en skop hulle (so ook vir ouboet), so ook het hul probeer om oor die 1.8m hoë kraal hek te spring!
Dit was soos 'n nagmerrie in die dag!
Die laaste koei is net so wild, sy haar horings is ook gesny toe ons haar uiteindelik in die drukgang (een keer in 'n leeftyd) en ons het haar oor 'n V gegee. Sy klim eerste slagpale toe saam met haar wilde vers maatjie (volgende parragraaf), wat lankal al 'n V in die oor het!
Die heel laaste vers, let wel VERS het ons gedaan gehad, haar neus het gebloei en sy het oor als gespring, die laaste keer wat sy gespring het was oor 'n 1.5m hek en toe struikel sy en almal pak haar soos 'n sprul wildehonde, gryp die kop en pote, toe sleep ons haar drukgang toe, sy het gesorg dat elkeen iewers seerkry!
Dankie tog hulle is almal nou getrek!13 March 2011
En wie sou kon dink....?
Ek het 'n kwaai Pa en ek is baie lief vir hom, al kan hy my kwaad maak soos my boeties. Wel, terwyl ek in sy huis is sal ek met 'n romp of 'n rok kerk toe gaan. Op die oomblik is my kerk klere besig om te klein te raak, (so tussen die groeiery en die gimnastiek resultate deur) en ek en my Ma moes gaan klere soek! Dis altyd die grootste nagmerrie wat my kan oorkom "kerkklere soek". Klere koop is maklik en kan nog lekker uitdraai, maar met kerkklere is dit net een massiewe stryd oor waarvan ek hou en wat my pas, en dan wat my Pa sal toelaat! So loop ons in die winkel rond en daar is niks waarvan ek hou nie! Op die ou end gryp ek 'n PIENK rok! Wat 'n skok! Ek't besluit ek gaan my Pa skok! Haha en was hy nie geskok en verbaas nie! Maar nou moet ek die rok elke keer dra! Dis omtrent 'n bakleiery van ek hom aan het tot ek hom weer uit het.
Dit laat my dink aan kleintyd, toe ek met my rooi rok al in die rondte geswaai het en "kom dans met die rooi rok" gesing het!!
Nou is dit die teendeel, en ek moes net wys ek sal, maak nie saak wat nie, bly boom klim en trampoline spring...
| New Zealand (2001) |
Nou is dit die teendeel, en ek moes net wys ek sal, maak nie saak wat nie, bly boom klim en trampoline spring...
Subscribe to:
Posts (Atom)