28 June 2009

“Amazing”

My kompetisie was “amazing” ek kan glad nie wag tot volgende jaar nie!!!

Ek is 10de!!! My totale punt is 39.00! Vault 8.75, bars 9.00, beam 8.45, floor 8.70, skill 4.1! (die punte is byhttp://www.cgclub.co.za/pages/competition-info.php onder north zone competition boys and girls results)

Ek wens ons het deur die vakansie gimnastiek, maar dit is nie prakties nie… ;(

Ek kan nie wag tot na die vakansie nie! Dan begin die gimnastiek weer!

07 June 2009

Woman artistic gymnastics

Ek is deur North-Nationals toe!! Met my Gimnastiek. Ek is 7de met die Limpopo kompetisie, dit was laas naweek. Wel ek was SO verras! Want ek is met niks (nie een van die items), een van die 3 boonstes nie. Toe die tannie sê dat ek 7de is, het ek eers van “skok” gevries (ek het glad nie verwag dat ek sou deur gaan nie), toe my brein in aksie kom, gebeur alles baie vinnig. My totale punt is 9.65! Ek is bly ek is deur, maar ek sê “dankie Here.” En ook “baie dankie aan al diecoaches wat help by die gimnastiek, hulle sit almal na aan my hart!” Die ‘hoof’ was nie daar nie en toe sy net voor sy gevlieg het vir ons sterkte sê was ek amper in trane! Dit was vir my erg, maar sy het ons baie sterkte toe gewens en ek het kans gesien om sonder haar in die direkte lug op te gaan, so ‘n kwartier voor ons moes opstap het ek haar baie gemis. Gelukkig is daar genoeg ander gewees om in te staan vir haar!

Ek wens my vriendin kon ook deur gaan, want sy het van die balk afgeval toe is haar balk punte te laag om haar deur te laat gaan, ek was so “sad” daaroor. Ek sal Norht-Nationals toe gaan met ‘n gat in my hart, ek sal so baie aan haar dink, sy wou nie eers staan vir ‘n foto om vir die ‘hoof’ te stuur nie, gelukig het sy later ingestem!!!
Ek sal gimnastiek nooit los sonder ‘n goeie rede nie, ek sal ook nie ons klub kan los sonder ‘n BAIE goeie rede nie, ek is te lief vir almal daar!

05 June 2009

Ek en my “ski-pant”

Ek is reeilik lief daarvoor om met my “ski-pant” te oefen, seker maar omdat ek daaraan gewoond is. Omdat dit so na aan die Limpopo kompetisie is het mycoach besluit om ons sonder ons “ski-pants” (net met die leotards) te laat oefen. Julle dit voel so snaaks! Dit voel amper of jy sonder ‘n broek loop (ek hou niks van ‘n romp nie, want dit voel of ek nie klere aan het nie, so ek trek altyd ‘n “ski-pant” onder die romp aan), die seuns en ons oefen saam so ek en my vriendin voel nog by dit alles skaam! Toe ons vandag moet groet, toe speel ons wegkruipertjie agter ons hande, toe sê die seuns se coach “julle lyk goed sonder julle ‘ski-pants.’” Ek is maar bly as ons in ons “ski-pants” kan opwarm… Gelukkig, na die kompetisie oefen ons weer in ons “ski-pants”.

15 April 2009

“Ma van twee”

Ons het nou definitief vir Pienkie, want haar ma se melk het opgedroog. Ek voel trots op wat ek reggekry het. “Ma van twee” en ek is lief vir altwee (Cindy en Pienkie). Dis maar soos troeteldiere, ek is nie lief vir honde nie en het nog nie rêrig my eie troeteldier gehad nie, omdat ek nie veel daarvan hou nie. Alhoewel ek guppies gehad het, maar dis mos ‘n vis!

03 April 2009

Pienkie

Ons lig die koei met die ‘high-up’ maar sy kan nog nie staan nie, en my boeties het die kalfie ‘n naam gegee, dit is Pienkie. Wel ek het nou-nou gestap om vir Pienkie melk te gee (ons het haar by haar ma in die kraal gesit), toe ek Pienkie wil vang om haar melk te gee, hol sy weg en gaan staan onder haar ma se kwaai horings! Ek bel toe my pa om te hoor of hy werkers gelos het om my te help, sy antwoord is toe “nee, ek sal jou nou kom help” Wel toe hy hier is toe wil ek weer vir Pienkie vang en sy hol weg! Toe is hy kwaad en sê bly net hier by Pienkie ek is oor so ‘n uur terug!!! Ek besluit toe ek lê op die trekker (ek is so moeg, want my oom-hulle is op vakansie en ek moet na hulle honde, visse en huis kyk, en dan is Cindy ook net my ‘baby‘), Na ‘n ruk toe kom Pienkie nader en die koei loop op haar voorbene se knieë (dit pla my nie), toe gaan ek na Pienkie toe en vang haar. Pienkie gaan toe aan die bulk, toe spring die koei op (wat glad nie goed is vir haar bene/heupe nie) en val weer, ek los toe vir Pienkie en gaan sit vir ‘n rukkie op die treker om te kalmeer. Toe die koei op haar sy lê, lyk sy ‘magteloos’ toe sien ek kans om naby haar te staan en Pienkie melk te gee. Die Pienkie se melk is in en ek ly aan skok…

31 March 2009

Dit is alweer aanneemtyd…

Ons het vandag ‘n ‘persentjie’ gekry! ‘n Koei het in ‘n middelsplit gelê toe my pa-hulle by die beeste gekom het…

Die koei het ‘n klein kalfie (nog met ‘n naelstring), sy lê en kan nie op staan nie, sy moes iets in haar agterbene of so seer gemaak het, nou kan die kalfie nie melk drink nie! Ons gee die versie bies aanmaak melk, (dis pienk, stink bietjie, en is baie veterig) as jy haar eers gevang het en die tiet in haar mond is, suig sy, maar die vang, vashou en tiet insit is nie vir “sissies” nie.

30 March 2009

Hulle is terug

Nou is die verse terug en ons het elektriese draad gespan, om hulle binne te hou en dit werk! Maar sodra die krag af is, kan jy sien hulle wil weer spring. Maar hulle het dankie tog nog nie weer gespring nie!