04 January 2009

2008, ‘n ‘party’ jaar!!!

(Ek het die 23ste Des verjaar). Ek het seker 3 keer 2008 partytjie gehou: 1 keer saam met 3 kinders (2 boeties (13,10) en 'n sussie (10, die tweeling) die oudste boetie het my met Cindy gehelp, toe sy siek was) wat by hulle oupa vir die vakansie gekuier het en die oupa het saam met ‘n ander oom by ons die inrypad oorgegruis. Toe saam met my vriendin en haar 3 sussies en 1 boetie en toe op my verjaarsdag saam met ons dominee en sy gesin, later die dag, die famielie wat op die plaas is en die outjie wat vakansiewerk by ons gedoen het maar die vakansie was die laaste keer want hy gaan aan die einde van die jaar begin werk. Al was elke partytjie net koek en waatlemoen was dit darem iets en lekker.

Kersfees was ons by my oupa-hulle in Newcastle, ons vermoed dis die laaste kersfees daar gewees want hulle beplan om 2010 New Zealand toe te trek, en 2009 se kersfees moet ons op die plaas bly om te sorg dat die beeste water het en my ouma nie alleen hier te bly nie. Toe het ons by my ouma-hulle gebly tot die 3de Jan (op my ma se verjaarsdag, ons sou die 2 de gery het maar toe jaag die iemand nonsens aan op my oupa se plaas).

15 December 2008

My susie kalfie

Ons het ‘n nuwe hanskalfie genaamd Cindy. Ek is mal oor haar, sy was die week van die 8ste Desember siek (haar maag het soos ‘n spuitfontein gespuit) maar nou gaan dit al beter, sy is so oulik en ek is mal oor haar. Hier het 2 seuns gekuier en elke keer as ek vir Cindy hoor bulk dan sal ek iets sê soos ‘Ja mamma se kind!’ of ‘Is jy honger Cindy-kind?’ of/en ’Mamma sal nou vir jou melk gee’ of so, dan terg die 2 seuns en my boeties my dan sê hulle goed soos ‘Kyk, sy lyk wragtag nie soos jy nie!’ of ‘Wanneer gaan sy ophou bulk en begin praat?’ ek kon elke keer nie my lag hou as hulle vir my vra wanneer sy gaan begin praat nie, ek sal haar baie graag sal wil sien praat.

18 November 2008

Vloed

Ons het van die 9de tot die 15de Novenber so 217mm reën gehad.Die 14de het daar water in ons pad (wat langs ons huis verby loop) en in my tannie se huis ingeloop, gelukkig is dit nie die hele huis nie, maar dit is nog steeds meubels en matte wat nat word. En as ‘n kamer se deur toe was (en die mat is nat) dan stink die kamer.

Moenie dink die water is skoon en was die huis se matte nie… Die water is vuil (soos sand, gras en dalk ‘n klein paddatjie). Ons was die vloere en mure en watersuig (suig die water uit met die stofsuier) die matte, na so ‘n vloed.

Die lande het lelike gate gespoel en die grondpad (wat verby ons huis loop) het soos ‘n revier gelyk, die water het met ‘n vaart verby ge’hardloop’ dit was so mooi nou die aand toe die son onder gaan.


Dit reën by ons en ek geniet elke druppel!!! Dit is al redelik nat en as dit bietjie droëer is sal ons begin om die lande te bewerk! Yes!! Ek kannie wag tot die plantjies so 2 tot 5 cm bo die grond uitsteek nie dit lyk altyd so goed! My pa-hulle plant gewoonlik in Desember (as dit nat genoeg is).

Desember-vakansie in amper hier, dan verjaar ek, dis kersfees en ek kan by my vriendin gaan kuier in die week. Al wat ’sad’ is, is dat ek nie my gimnastiek kan doen nie, maar nou kom ons weer by daai punt, van jy kan nie jou brood aan altwee-kante gebotter hê nie.

Ek het so twee weke teruk by die gimnastiek my balk-reeks gedoen en toe ek afspring en land soos ek moet (af tot by ‘n hurk posisie, arms reguit voor jou, dan weer op en arms horisontaal langs jou) toe met die hurk posisie, verloor ek my balans en val op my duim (dit was nogal seer) na so ‘n week was my vinger weer heel reg en kon ek hom weer gebruik, my een spiertjie het vinnig moeg geword (want hy het ‘n hele week gerus).

11 November 2008

24 October 2008

Honde

Ons bure het so ‘n week of twee terug ‘n jakkals moes skiet toe hy een van hulle honde gebyt het (hy’t hondsdolheid) en gister moes die bure hulle honde laat uitsit, want hulle het snaaks begin optree. Nou’s ek bang vir hierdie siekte wat nie ver van ons af is nie.

Maar ek glo God sal ons beskerm teen enige iets…

23 October 2008

Reën

Dit het gisteraand (onverwags) begin reën, toe ek so kwart oor twaalf wakker word van lig wat deur my venster skyn, kyk ek en sien dit is die weerlig!!! Ek is so opgewonde, dit het 38mm gereën!!!, dat ek sommer vanoggend vroeër opgestaan het om te gaan kyk hoeveel millimeter dit gereën het. En my kamervensters oop te maak. Dis darem ‘n wonderlike reuk.

21 October 2008

Vars

Daar is mooi wolkies in die lug en die windjie waai, die bos raak al bietjie groen (na twee keer se drie druppels) begin daar bietjie lewe wys. Ek is mal oor daai nat reën reuk, dit gee my ook net bietjie meer lewe.

Ek is bietjie verkoue maar die reuk het nog ‘n aaklige verkoue dag, amazing gemaak. Wys jou net hoe die natuur ‘n inpak op ons lewens het. Die reën maak nie net nat, gee plante lewe en gee mens en dier water nie, die reuk van reën gee jou sommer lus vir die lewe.

Na die winter met die Augustus-winde wens ek altyd dit wil net reën dat die stof nie so rondwaai nie (dit gee my sinus). In September wens ek weer die blomme moet verdwyn want dit gee my sinus. En Desember wens ek dit is winter want ek vrek van die hitte en in die winter wens ek weer dit somer. Maar soos die gesegte sê: “Jy kan nie jou brood aan altwee kante gebotter hê nie.” Die punt is hou jou mond en oorleef!!!