28 March 2011

Uithou vermoë van 'n bulterriër!

Ek voel sommer sleg as ek na my blog kyk! Ek skeep hom regtig af!! Geluking leef ek nog want ek is aan die gang, permanent! En dis so LEKKER!! Ons "trek" al beeste vir die afgelope week! Dit klink nou onmoontlik, maar dit is rerig so!
Woensdag het ons begin en ons het vandag uit eindelik al die beeste geskuif! Woensdag toe maak ons die trop by mekaar en net toe ons dink dis almal, toe hoor ons daar is twee kalwers deur die draad en ons hoor groot beeste agter ons bulk. Ons los toe die massa en gaan haal die res. Soos 'n bees maar is loop hul weer weg! Die hele oggend spook ons met die beeste en die middag word die twee kalwers gesoek, waarvan daar toe niks gekry is nie.
Donderdag is die kalwers weer tussen ons. En ons maak die beeste nog 'n keer bymekaar. Ons maak die draad los en jaag die wat agter gebly het weer nader. Toe "begin" die trek, eers kolk die beeste so saam dat ons hul nie in die pad kry nie en toe is die beeste in die pad en soos altyd is dit weer choas!
Die volgende oomblik spring die hele trop om en hol die buurman se draad in mekaar! Skaars 'n uur daarna bel my oom en sê, hiers 'n koei in 'n strink en willer as die wildtuin self, ons paartjies gaan haar nie kan vang en los maak nie. Daar gekom maak hul haar los en toe al die manne haar los en sy haar nodige asem weer terug het, storm sy op my oom af en is so half-half oor hom.
Daar kry hul toe nog 'n nek-strik! Nie lank daarna nie is ons weg van my oom af en toe bel weer, die selfde storie. Dis toe dat ek saam loop. Maar julle dit lyk of die duiwel in hul ingevaar het, sy hol rond, pluk omtrent haar kop af met die kabel-strik om die nek. Roggel en die tong hang langs die bek uit. Dis iets verskrikliks. Toe die manne haar los vat sy die pad en ek het guts om nader te staan toe dit die volgende koei (sowat 15m verder) se beurt is. Weer vang ons die koei en knip die kabel los, dan hol sy bok-spring en gooi haar nek laat myne sommer seer word. Ons het so tien strikke los geknip, hoeveel daar nog in daai bos is wil ek eerder nie weet nie!
Toe ons eindelik die beeste sommer oor die grensdraad, weer by ons plaas in het, en die draad reg gemaak word, roep die een van die werkers my pa en oom. Ek wil toe saam loop, toe sê my pa nee bly hier. Die volgende oomblik roep my pa my "kom neem dit af!" Ek gaan toe daarnatoe en neem die gesig af! Dis aaklig!!
Die werker vertel toe: "toe die beeste omswaai en by die bos hol het ek iets gesien wat hop hier by die draad. Toe ek kom kyk ek, ek sien die wolf. Hyt gelewe, maar hy was mal!" Wel, toe ons daar kom was die bruinhiëna al dood en dis duidelkik dat hy al lank daar was! Hyt 'n sirkel van so 5m plat geploeg soos hy probeer loskom het! En drie boompies van so 5cm dik afgevreet, hy het aan klippe gebyt, want dit was vol bloed en tand merke, die gras was plat en die draad het gegaap.
Die strik was bedoel vir klein wild (vlakvarke of klein bokkies). Nog iets dis die hiëna se tweede strik! En so ook sy einde gewees! Die middag probeer ons toe weer die beeste in die pad kry maar dis nag, hul bly agter!

Vrydag het ons weer probeer, net vir oulaas! Maar tussen die beeste wat agterbly en die wat nie wil uit by die draad nie werk dit net nie! So bou ons toe krale Vrydag middag en Saterdag! En ek kyk hoe bored ek kan raak!!

Maandag maak ons toe vir oulaas die laaste paar goedjies reg en trek met die trok! Tussendeur gooi ons "poor on" op die beeste.
Dinsdag, is ons vroeg op om die die laastes en die wildstes, die skoppers en die fighters te laai!
Dis rof en onbeskof, die laaste vyf-tien beeste het ons moeg gehardloop, en hul word nie moeg nie, maar hul storm en gaan mal!
Hulle spring oor die hekke, breek hekke, hol mense om en skop hulle (so ook vir ouboet), so ook het hul probeer om oor die 1.8m hoë kraal hek te spring!
Dit was soos 'n nagmerrie in die dag!
Die laaste koei is net so wild, sy haar horings is ook gesny toe ons haar uiteindelik in die drukgang (een keer in 'n leeftyd) en ons het haar oor 'n V gegee. Sy klim eerste slagpale toe saam met haar wilde vers maatjie (volgende parragraaf), wat lankal al 'n V in die oor het!
Die heel laaste vers, let wel VERS het ons gedaan gehad, haar neus het gebloei en sy het oor als gespring, die laaste keer wat sy gespring het was oor 'n 1.5m hek en toe struikel sy en almal pak haar soos 'n sprul wildehonde, gryp die kop en pote, toe sleep ons haar drukgang toe, sy het gesorg dat elkeen iewers seerkry! Dankie tog hulle is almal nou getrek!

1 comment: