Het jy al ooit so iets gesien?
Johan het vandag met ’n hottentotsgot se “vel” by die huis in gestorm “Mamma, mamma kyk wat kry ek! Dis ’n bidsprinkaan se vel!!!”
Ek het julle al vertel van die pad was soos ’n rivier lyk! En die water wat dan loop en loop en loop!
Die pad lyk vandag weer so, dit hou net aan met reën.
Ek wonder waar die elnienoe nou heen is? Maar reën is tog beter as droog!
Ek dink as jy een weerligfoto geneem het,
Ek het weer vandag gaan sonsondergang en weerlig afneem! Ek is mal oor die foto’s veral die een wat ses identiese strale het. Ek het niks snaaks gedoen nie! Dis net hoe die foto uitgekom het!!!
Hoekom is die jongste die wille wragtig? Wel, André (die jongste!) het die 28-e Desember sy kop oopgeval. Die seuns het by die trekkers gespeel en André het van die een trekker se neusgewigte afgespring, Henry (die oudste) het toe vir hom gesê hy moet ophou hy gaan seerkry! Tipies die jongste, hulle het altyd die minste ore en André luister net as dit hom pas...
Die derde keer toe hy afspring toe stamp hy sy kop teen die hamermeul se haakpen. Hy staan toe op en vryf sy kop waar hy hom gestamp het (klaar weer oppad om op te klim en af te spring) toe hy sy bebloede hand sien toe skree hy soos ’n maer-vark!
Ek het net mooi klaar met my ma oor die twee-rigting-radio gepraat toe Henry en die ander twee (Johan en my nefie) aangehardloop kom met André. Ek gryp toe weer die radio en skree: “Ma! André! Bloed! Baie! Oog! Hardloop! Vinnig!”
Ek het nooit gedink my ma
My pa en Henry en die huishulp het toe André se oog bietjie gespoel, ek het watte gegryp op sy oog gesit en vir hom gesê hou vas! My ma en my tannie jaag toe met hom deur dokter toe, op die vinnigste is jy in tussen 10 en 15 minute in die dorp. Maar dan moet die grondpad nie lyk soos hy lyk nie.
André het 5 steke gekry. Toe ek hom vra wat was die seerste, toe knyp hy sy oë toe en sê die inspuiting! Dit was seerder as die val! Maar toe ek hom ’n paar dae later vrae toe sê hy die val.
En na dese weet ek dis erg om 'n oulike foto van 'n kleintjie te neem!
André het ’n spul merke in sy gesig. Bv. Soos alle kleintjies maar maak om op te staan, hou hul aan iets vas en trek hulself op, André kon dit goed doen, hy het tot die deurkosyn gebruik, maar by die kombuis se deure het hy twee keer goed geval. Die eenkeer het hy teen die binnedeur opgestaan, gegly op die novilon en geval (op sy voorkop aan die regterkant). ’n Paar weke later gebeur dieselfde by die buitedeur, hy het opgestaan en bietjie geswaai op sy ronde-voetjies. Meteens is sy een voet in die lug en toe hy hom wil neersit toe trap hy van die trappie af en val sy kop oop teen die kosyn (aan die regterkant). Hy het ’n ou skaaphond gevryf (André is baie lief vir honde!!!) en die hond se vel is nie lekker nie, hy vat toe aan haar sy en toe hap sy na hom en toe kry hy ’n merk onder sy regteroog. Hy’t een keer op ’n drom geklim en hy wou soos ons groottes loop, toe is al plek waar hy kan opklim die draad (ons het ’n 1.5m hoë draad gespan om die honde uitmekaar te hou), toe hy op is en net wou begin loop toe val hy op die draad en die draad sny hom toe langs sy lip en naby sy slaap (dit aan die regterkant). Hy’t ’n waterpokkie merk hoog op sy voorkop. En nou aan die linkerkant. Dis nou als in sy gesig. Hy’t eenkeer sy vinger met ’n tuna-blikkie oopgesny, die het snaaks geheg maar wat nie dood maak nie maak groot, al is dit op die rowwe manier!
Julle vandag was ’n by die huis dag vir my. Ek het probeer laat slaap maar kwart oor agt toe jaag die hitte my uit my bed.
My pa hul het vandag die kalfie gekry, maar dit was skreeu snaaks toe hy vir my die storie vertel het.
Hulle het die kalfie se ma gaan haal en op ’n waentjie gelaai, hulle het die buurman gevra of hulle daar mag gaan soek vir die kalfie en het toe toestemming gekry.
Hulle is in by die oom en toe sit hulle vas en die kalfie loop nader en dan weer weg ens. Op die ou end het hy nader gekom en hulle het hom gevang en hom by sy ma op die waentjie gelaai. Na ’n gespook het hulle die bakkie uitgetrek en kon hulle die koei en kalf by die trop gaan aflaai...
Ons het vandag die wilde trop beeste (hulle is nie rêrig wild soos wilde diere nie, maar hulle is menssku. En begin maklik hol!) getrek van die kalkplaas na die sandplaas, dis sowat 10km! Ons het met die voet getrek, alhoewel ons al een keer ’n koei moes skiet oor ’n bierbottel haar maermerrie sening afgesny het (bierbottels wat mense langs die pad by die venster uitgooi, is goed vir NIKS. Mens gooi nie iets by ’n venster uit nie! Beeste eet die plastiek en hul derms verstop. Selfs ’n blikkie sal hul sluk en die ding steek iewers vas of sny dalk als oop op pad maag toe!).
Ek het spesiaal vandag my kamera saam gevat en nie een enkele foto geneem nie! Gister het ek en my tannie met die ou bakkie (ons noem hom die ossewa, sy briek moet jy vyf keer pomp en dan stop hy nog nie dood nie! Hy draai met moeite ens.) gewag en gewag in die pad op die hoek van die plaas, maar tevergeefs, die een simpel koei het oor die draad gespring en hulle was al agter haar aan. Sy het elke keer ontsnap en verder die bos ingegaan, toe jaag hulle ’n paar koeie saam met haar in die kamp in.
Die volgende dag het ons by die huis gewag dat my oom bel dat ons
Die stukkie grondpad is kort en stil, so ons kan vir die stukkie die hele pad gebruik, twee werkers loop in elk van die buurmanne (buurman1 en buurman2) se plase om te sien as daar ’n bees uitbreek. By die T-aansluiting gekom (die grondpad loop in die teerpad dood), gaan die beeste mooi van die pad af en loop aan die kant van buurman1, met drie werkers op sy grond, wat moet kyk dat daar nie ’n bees deurbreek nie. Ons loop toe aan en net voor ons by die weermaggronde se T-aansluiting kom, toe kom buurman3 se beeste aan gehardloop en bulk en gaan mal, dit was hel om die beeste aan buurman1 se kant te hou, hulle het ’n grooooot behoefte om by buurman3 se beeste te kuier! Ons is toe veilig verby (met een of twee koeie wat oor die pad gehardloop het). Toe ons verby is, is daar ’n bruggie (by buurman1 se indraai, seker so 400m van buurman3 se beeste af) waaroor ons moet beweeg, toe slip daar TWEE kalwers in buurman1 se plaas in. Ons loop toe so 100m aan tot waar buurman1 se draad oorgaan in wildsdraad. Daar draai ons toe briek aan en hou die beeste teen buurman1 se draad, terwyl twee werkers, my pa en my oom agter die twee kalfies aan is.
Dit was nie lank nie of daar jaag ’n taxi verby, dit is toe net genoeg om die beeste op hol te sit!
Ons het toe net mooi almal by mekaar en begin aanstap, so 600m verder begin buurman3 se beeste bulk en daar draf ’n paar beeste oor die pad. Toe ons eindelik amper almal aan die kant van die pad het, toe kom daar ’n bloed-bloed-bloed-rooi Golf aan gejaag. Daar is toe twee beeste wat nog die plek vol loop ek het toe amper my vlag blou gewaai, my arm was lam, almal het gewaai die bakkie se hazards was aan en die noodligte (een op elke bakkie), maar die simpel ding hou aan jaag! My pa gryp toe ’n vlag en spring in die pad, ek hou aan waai, maar my oë is bot toe en my ore is gesluit! Toe ek remme hoor vlieg my oë oop, net betyds om my pa uit die pad te sien spring en die drywer te sien stop, hy het gruwelooslik gelyk!!! Hy wou toe weet of my pa simpel is en vir wat hy moet stadig ry (ewe arrogant), toe my pa klaar vir hom in sy beste engels (wat nie baie goed is nie) gesê het dat hy asseblief moet stadig ry as hy rooivlae ens. sien, want dit beteken gevaar! En as hy deur jaag maak dit laat die beeste wil hardloop en dit
Nou’s daar slegte en goeie nuus, wat gelyk gebeur het. Die slegte nuus is: die trop swaai toe om en hol terug (weer sowat 700m!) en die goeie nuus is die koei was net stadig genoeg om die Golf se agterent te mis! So gebeur dit toe laat ons terug stap! Maar nou stap ons. Die ergste is daar is toe niemand om die beeste voor te keer, my pa en oom ruk toe hulle Cruisers om en jaag voor die beeste in!
So stop hulle toe die beeste. Ons kry toe weer almal aan die kant van die pad en stap weer dieselfde pad aan! Voor ons verby die T is toe kom daar ’n bakkie aangejaag en agter hom kom ’n lorrietjie met ’n waentjie aangery, agter hom is ’n taxi! Toe die bakkie deur gejaag het toe is die helfte van die trop weer die hele pad vol en ons loop al weer terug! Toe die lorrie tussen die beeste is toe lyk dit of hy gaan stilstaan so stadig ry hy... Ek en die een werker probeer toe vir die taxi verduidelik, hy moet net bietjie wag, dan jaag ons net gou die beeste na buurman1 se kant toe en dan kan hy verby ry. Volgens hom hoef hy nie! So kom dit toe dat hy ry! En al die beeste begin hardloop, hardloop in die sin van HARDLOOP! Ek het gevoel of ek in trane gaan uitbars! My voete was al seer geloop en gehardloop my keel voel soos ’n rasper van al die geskree en bevele gee en ek
Hy gaan staan toe botstil! En maak sy venster toe. Een van die koeie dink toe hierdie ding moet sy net proe! Sy is by die bestuurder se venster en steek toe daai lang tong van haar uit en lek oor die spieël en venster. Julle moes die drywer se gesig sien!!! Hy ruk weg van daai venster af en gaan sit in die middel-voor, daar sak hy toe al hoe platter en platter! Toe die trop eindelik verby die taxi is toe gaan sit hy weer op sy plek en ry vrek stadig deur die trop toe almal aan buurman1 se kant is.
My pa en oom se bakkies staan toe nog weerskante van die pad, daar waar ons die beeste die laaste keer voorgekeer het. Toe keer my pa en oom, hulle voor, my pa en oom in die pad en die bakkies aan die kante. En die een werker kom toe uit die bos met die een kalfie. Ons laai toe die kalfie op die “ossewa” en begin weer terug stap.
Uiteindelik kan ons net aan hou stap en ek vra toe vir Henry (ouboet), moet my en sy plek volstaan en onthou om nie net vir homself nie maar vir almal te kyk, laat die beeste nie uitbreek nie. So kon ek toe koek sny by die draai en water by my tannie heel voor in die “ossewa” kry. Toe ek terug op my pos is en ek die bottel vir Henry gooi toe spring daar ’n paar verse oor na die ander kant van die pad. Die een werker (wat die kalfie gekry het) hol toe en jaag hulle weer terug trop toe! Hys toe uit asem en Henry gee toe weer vir my, my bottel en ek sit hom in my sak. Daai werker kom staan toe weer op sy plek tussen my en Henry en die ander klomp drink toe water en voor die bottel by hom is toes die water klaar. Ek gee toe maar vir hom my water wat net twee slukke is en vuurwarm daarby.
So loop ons toe aan en aan verby buurman1 en buurman4 se grens, toe nog ’n entjie aan toe gaan ons oor die pad en loop langs buurman5 se draad op.
Seker so 300m van die sandplaas se afdraai af toe laai my oom my en drie werkers op en hy sê vir my tannie sy moet ook vooruitry, by die indraai gekom kry elkeen sy pos en gaan staan op sy plek. Toe ry my oom voor die beeste uit, hulle volg hom en begin afdraai. Al die beeste is toe in die kort stukkie pad na die sandplaas en toe staan hulle en wag dat ons die hek moet oopsluit. My oom stuur toe 5 werkers om die in die bos te staan, dat ons die beeste teen die draad kan hou laat hulle nie in die bos kan ingaan nie, want ons het nog nie daai kamp deursoek vir melkbos (dis gif) nie. En hy sluit die hek oop.
Die hek gaan oop en die beeste begin beweeg al vinniger en vinniger die een wat ek my water voor gegee het sê toe dat hy dink daar’s fout in die bos want die beeste loop nou bietjie te vinnig. Net daar toe sak al my moet in my skoene. My voete voel of hulle al af geloop is en nou moet ek weer die hele bos vol loop agter ’n spul beeste aan?!
Toe ons by die hek kom toe sien ons dat al die beeste die bos in is! Gelukkig is daar nog ’n hek wat krip toe ly, (ons vat altyd die beeste tot by die krip en dan kyk ons of al die koeie se kalwers daar is ens.). toe besluit ons druk al die beeste teen die draad (buurman5) vas en dan net uit by daai kamp. So stap ons toe. In my hele lewe het ek nog nooit so magteloos gevoel nie! Kyk ek weet daai bos het baie spinnekoppe maar op ’n manier
Nou net die laaste 200m tot by die krip! Ek loop toe aan en net naby my tannie toe spring die beeste oor die draad en breek die draad! Ek dog toe dis nou die einde wat ek sien want nog ’n tree verder en eks dood! Ons besluit toe ons jaag al die beeste aan die regterkant oor die draad, ons sal nou die skade regmaak. Toe almal oor is toe moes ons die kalfie wat aan die regterkant deur die draad is terug jaag na die ras van die trop. Ons sukkel toe ’n rukkie en toe’s hy by die ander. Die mans het die draad reggemaak. Ek en my tannie is reguit na die kemosie dam toe ek het my voete in die dam en ek het water gedrink laat dit bars (’n hele liter! Maar daai water is sleg en dit les nie my dors nie! Dit maak net my maag vol). My pa bring toe die ossewa en ry krip toe. Daar laai ek hy en twee werkers al die kalwers af en toe kom my oom en al die ander by die dam aan toe gaan almal eers water drink en gesig was. Daarna gaan lê hulle op die gras en trek hulle skoene uit, so lê elkeen toe vir so vyftien minute. Toe maak ons reg en ry huis toe. My oom laai toe die een werker op wat na die kalfie gesoek het op. Hy het toe ongelukkig niks gekry nie... My pa sê hulle sal môre verder gaan soek. Hou duim vas vir goeie nuus!
Wie het almal gisteraand die maan gesien? Ons het net-net onthou! Dit was maans verduistering! Oupa en ouma (van Newcastle) het kom kuier, hulle kom elke jaar van die 31ste Desember tot die 3de Januarie (met my ma se verjaarsdag), want hulle vlug vir die krekkers wat op Oujaarsaand en Nuwejaar geskiet word tot na drie in die nag, (oumense het hul rus nodig!).
Toe het oupa uit die bloute gesê gaan kyk die maan! Dis “ones in a blue moon!” Ons gaan kyk toe die volmaan en tot ons skok het die maan ’n HAP in!