Dag 1: Ons het van die huis af gery na my ma se een vriendin naby Viljoenskroon. Daar het ons een aand oorgeslaap.
Dag 10: Ons is uiteindelik af strand toe, om ons voete nat te maak. Net ons kinders is af, en toe maak die een golf ons bietjie nat van onder af en die wolke maak ons nat van bo af. "n Goeie kombinasie om my hare te laat KRUL!!! Toe is ons na 'n vlei toe en toe weer terug huis toe. 







Dag 12: Alweer op pad !! Die keer na my oupa se oudste boetie se vrou toe, waar ons later koffie gedrink het, en net voor dit het ons 'n seafood-platter geëet. Toe ry ons aan na die tannie se dogter toe. Waar ons toe die nag oorslaap. En ek weer familie ontmoet!
Dag 11: Na ontbyt, klouter almal in die kar. Ons het walvisse gekyk en by 'n kers fabriek gestop. Toe is ons Waenhuiskrans toe. Daar loop ek en boetie hand aan hand in die see om in die grot in te gaan, na de vorige dag se skrik, hou André die water met 'n valk oog dop. Toe die golf inkom spring hy op die naaste klip en met die het ek nie genoeg grip nie en val ek my velle af!! Die volgende oomblik toe bars ek uit van die lag! En dit pyn en dit brand maak ek wil my skeur! Toe ons weer uit die krans is het ons gaan broodjies eet en ons kinders het baljaar op die strand!! Weer in die kar, die keer op pad na L'agulhas toe. Daar split ek toe oor die twee oseane, (en skeur die velle nog beter oop). Toe is ons op met die vuurtoring en weer af en huis toe.
Dag 13: As ek maar net kon vlieg van punt A na punt B!! Ons het by Robberg gestop en bietjie geklim en klouter! Is dit nie mooi nie!! Toe moet ons baai sê vir die see! Dit noem jy nou my swak punt daai! Toe is ons weer op pad na Middelburg, waar ons by my oupa se skoolmaat se dogter oorgeslaap het! Daai kan jy nou 'n plaas noem! Want dit lyk soos een!

Dag 14: Na 'n lekker ontbyt, klim ons weer in die pad. Ons het by die militêre museum gestop vir die manne. EK het toe al soos geskiedenis gevoel, vol gestop van goed waarvan ek nie hou nie. Ons beplanning was om reguit huis toe te gaan. Maar ongelukkig was daar te veel wind en sulke goed en toe slaap ons by Willem Pretoruis oor.