Ons sonneblomme en suikerboontjies het wurms, en die turf is sopnat en die sonneblomme is te groot om met 'n trekker te spuit, toe laat kom ons die vliegtuig!! Een van my beroepskeuses is 'n vlieënier! Ek dink dis amazing! Dis soos ek wat wil gaan bungiejump, freefall, skydiving, scuba duik ens...
Wel ek is saam met my pa vliegveld toe en het daar gewag dat die oom kom en sy tenk volmaak, toe vlieg hy weer en toe hy toe weer terugkom toe gooi hy gif en petrol, toe het ek gaan kyk hoe die vliegtuig lyk binne en 'n klomp foto’s om die vliegtuig geneem. Ek wou so graag saam gevlieg het maar toe sê my pa en oom nee. Toe ons by die huis kom toe hardloop ek al agter die vliegtuig aan, hy spuit nogal vinnig klaar! En ek het op stelte geloop, want die turf pak op onder mens se voete, ek’t 'n paar keer gesplit, maar dit lyk so lekker om in die lug rond te sweef! Ek is in my menswees nie gemaak vir plat op die aarde met my twee voete nie!! Ek het in 2001 new
















